Spele nou belaglik

Daar is reeds drie atlete wat deelneem aan die Olimpiese Spele huis toe gestuur weens sogenaamde klagtes van rassisme.

Die eerste was die Griekse driesprong atleet, Paraskevi Papachristou, wat op die sosiale netwerk Twitter geskryf het: “ Met soveel Afrikane in Griekeland sal die Wes-Nyl se muskiete ten minste tuisgemaakte kos eet” Dit het tot gevolg gehad dat die Griekse span haar geskors en huis toe gestuur het voor sy kon deelneem.

Michel Morganella ‘n Switserse sokker speler se inskrywing op Twitter het hom ook in die warm water laat beland. Enkele ure na afloop van die wedstryd tussen Switzerland en Suid-Korea het hy op Twitter geskryf: “Ek slaan julle, Suid-Koreane, gaan brand..” hierop het die hoof van Switserland se olimpiesespan, Gian Gille verklaar: “Morganella het gediskrimineer teen die Suid-Koreanse span en het hulle waardigheid aangetas, nie net van die span nie maar van alle Suid-Koriane.

In wat beskou word as die mees belaglikste klag ooit, is ‘n lid van die Duitse vroue roeispan, Nadja Drygalla, huis toe gestuur omdat haar kêrel lid is van die Duitse NPD (Nationaldemokratische Partei Deutschlands), n amptelike politieke party van Duitsland. Die NPD is ‘n regsgesinde politieke party en word daarom gebrandmerk as ‘n neonazi party.