Skrootwerwe maak groot wins

Die Vryburger het inligting ontvang dat myne in die Springs omgewing geplunder word.

Volgens ’n spesiale korrespondent kan die sekuriteitsbeamptes R300-00 betaal word en dan word toegang gegee sodat enige van die bestaande toerusting weggedra kan word. Die toerusting word dan by skrootwerwe verkoop. Eienaars van skrootwerwe maak glo groot winste uit die nuwe bedryf.

Dit is bekend dat hoogspanningsdrade van Eskom word gesteel, later gesmelt en word selfs aan Hulets in Natal verkoop.

Die korrupsie en diefstal duur reeds geruime tyd. Pogings om die diewe en skrootwerwe aan die man te bring het nog geen goeie resultate gelewer nie.
Dit laat die indruk dat daar moontlik samewerking kan wees tussen skrootwerf eienaars en lede van die polisie.