Simboliese belediging

In ‘n mediaverklaring van die Republikeinse Vrouebeweging se nasionale voorsitter, mev. Anneke Geldenhuys, daarop gewys dat die ANC se beplanning om nog n vrouemonument op te rig met die bedoeling dat dit “hoop vir alle vroue” in die land sal meebring nie kan realiseer nie. Die nuwe monument moet eerder as kulturele plagiaat gesien word.

Die RVB se volledige verklaring lui soos volg:

Die ANC regime het by monde van die premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, bekend gemaak dat hulle ‘n vrouemonument in Pretoria wil oprig op die plein waar die ANC vroue optog in 1956 na die Uniegebou begin is. Hierdie plein wat deesdae Lilian Nqoyiplein genoem word, is in werklikheid Strijdomplein waar die Vryheidsmonument van JG Strijdom gestaan het.

Die bewering van Nomvula Mokonyane dat hierdie nuwe monument “sal dien as simbool van hoop vir alle vroue” beskou die Republikeinse Vrouebeweging as ‘n belediging en is van alle waarheid ontneem. In werklikheid sal hierdie ANC monument dien as simbool van die kulturele plagiaat wat die ANC reg deur Pretoria gepleeg het deur die Boervolk se erfenis te vernietig of te steel en voor te hou as hulle eie. Soos die talle straat en gebou name wat verander is en die hardnekkige poging om Pretoria se naam te verander.

Die vryheidsmonument van JG Strijdom, wat gedien het as simbool van ons volk se strewe na vryheid, is vernietig en moet nou vir ANC propaganda plek maak, maar die vryheidsvlam wat in elke volksmoeder se hart brand, sal nooit geblus kan word nie.

Kaalvoet as ons moet.

Anneke Geldenhuys
Nasionale Voorsitter
Republikeinse Vrouebeweging