Sharpville 2 nagevolge

Diegene wat die vlaag koeëls uit polisie gewere ontkom het sê hulle wou die polisie nooit aanval nie. Hulle het uit vrees gehardloop en dit toe dat die polisie op hulle vriende en kollegas losgebrand het.

Só het van die stakende Lonmin-mynwerkers gesê wat teenwoordig was toe 34 van hul kollegas doodgeskiet en meer as 70 gewond is.

Ene Mchiza was teenwoordig toe die skietery uitgebreek het. Sy broer is een van die slagoffers. Hy sê mense het net om hom geval en patrone het oor sy kop gevlieg.
“Ek was nog nooit so bang in my hele lewe nie. Ons is onskuldig geskiet”.

Die Vryburger het van meet af berigte ontvang van kenners op die gebied van skare beheer. Die siening is deurgaans dat die roekelose skietery vermy kon gewees het. Die optrede van die SAPD het gesorg vir ’n tweede Sharpville.

Dit is ironies dat daar nou vanuit alle kante verskoning gemaak word vir die polisie se optrede. Die feit is dat die SAPD ingemeng het deur te probeer om die stakers uit mekaar te jaag. Veel eerder moes pogings aangewend gewees het om met die stakers in gesprek te tree.

Die nagevolge: Die aangeleentheid het daartoe gelei dat die ganse wereld met nuwe oë na die sogenaamde Nuwe Suid-Afrika kyk.