Seun red ouers

‘n Seun van Caledon het sy pa en ma se lewens gered toe ‘n gewapende inbreker die gesin aangeval het. Hy het die moordlustige doodgeskiet.

Liam Kleyn (16) het die aanvaller doodgeskiet nadat die man op die pa en ma geskiet het. Die man het die pa aangerand en ’n gedeelte van sy regteroor afgebyt.

Die seun se ma, Betsie Kleyn, sê sy het vroegaand ‘n oproep van ‘n man gekry. Die man het gesê hy toer deur Suid-Afrika en is op soek na verblyf. Die gastehuis is op die R316, suid van Caledon geleë. Die man wou nie sy nommer vir mev. Kleyn gee nie. Sy sê iets oor die oproep was “baie verdag.”
Die vermeende terroris het duidelik met voorbedagte rade na die gastehuis gekom. Die ouers het verkies dat hul seun nie betrek word in onderhoude met die media nie.