S.A. Lugdiens se nuwe bagasie beleid

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het bekend gemaak dat hulle ‘n nuwe beleid met passasiers se bagasie gaan toepas. Vanaf 5 September 2012 sal daar nie meer gelet word op die totale gewig van ‘n pasasier se bagasie nie, maar sal die beperking konsentreer op die getal bagasie eenhede per passasier. Elke bagasie-eenheid sal beperk word tot ‘n spesifieke gewig en afmeting, daarmee saam ook die beperking op die getal tasse.

Die segsman vir SAL, Kabelo Ledwaba, meld dat die lughawe se toerusting beperk is tot die weeg van 32 kilogram en die die beleid is daarby aangepas. Hy sê dat reisigers self moet vasstel wat ander lugrederye se beleid is. Verdere inligting oor SAL se beleid kan by www.flysaa.com verkry word.

SAL het hom oor die afgelope jare van duisende Afrikaners vervreem met sy ignorering van Afrikaans en baie Afrikaners sal SAL nooit weer oorweeg as ‘n vlugalternatief nie.