Ruimtetuig land veilig op Mars

Curiosity is die mees gesofistikeerde ruimte-verkenningstuig wat nog gebou is. Nasa het gesê hy het Sondagaand ‘n sein van die Curiosity-verkenningstuig ontvang nadat die tuig suksesvol geland het.

Die verkenningstuig is so groot soos ‘n kleinerige motor. Ingenieurs moes met nuwe metodes van landing vorendag kom om die tuig op die planeet neer te sit. Vir ’n eerste keer is kragtige kabels gebruik om die verkenningstuig in ‘n krater te laat sak.

Dié wetenskap¬ laboratorium is ’n projek wat meer as $2,5 miljard kos. Die Curiosity tuig sal verskeie klippe op Mars ondersoek vir leidrade wat wetenskaplikes kan help om vas te stel of daar ooit lewe op die Rooi Planeet was.

Wetenskaplike inligting:

Deursnee:
Mars se deursnee is 6793,3 km by die ewenaar en 6752,2 km van pool tot pool. Ofskoon die planeet baie kleiner as die aarde is, is sy totale grondoppervlakte nagenoeg dieselfde as die landoppervlakte op aarde.
Gemiddelde afstand van die son:
227,900,000 km.
Gemiddelde afstand van die aarde:
55,758 miljoen km
Revolusie om die son:
Mars voltooi een omwenteling om die son in 686,98 van ons dae. Sy omwentelingsnelheid is 24,2 km/h.
Rotasie om sy as:
24,6 van ons ure—verstommend genoeg is ’n dag op Mars dus omtrent net so lank as ’n dag op aarde.
Oppervlaktemperatuur:
Wissel met die veranderinge van dag en nag, somer en winter, tussen 17 en -87 °C.