Romney nuwe President?

Mitt Romney die voormalige goewerneur van Massachusetts, is amptelik as die Republikeinse Party se kandidaat aangewys vir presidentsverkiesing in die VSA wat oor 10 weke plaasvind.

Romney het die steun van meer as die vereiste 1 144 afgevaardigdes op die party se nasionale konvensie in Tampa in Florida gekry en daarmee die lang stryd in die Republikeinse Party gewen.

Volgens meningspeilings is hy en president Barack Obama (Demokratiese Party) kop aan kop in die aanloop tot die verkiesing op 6 November.

Dit is bekend dat die invloedryke media en meningsvormers in die VSA meestal gekant is teen die Republikeine. Die VSA word gebreinspoel met die oordondering van die liberale media. Te midde hiervan het die Republikeine nog altyd daarin geslaag om die meer behoudende kiesers by hulle te hou.

Die meningsopnames wat deur konserwatiewes gedoen is, dui daarop dat Romney ’n aansienlike voorsprong opgebou het.