Roland kap Saskok

Die viermalige Olimpiese kampioen Roland Schoeman het Suid-Afrika se Olimpiese komitee (Saskok) skerp aangeval omdat hy feitlik geen ondersteuning ontvang het nie.

Hy sou graag vinniger wou wees, as om in die sesde plek te eindig in die finaal van die 50-vryslag.

Roland het ergerlik geklink toe hy gesê het dat dit moeilik is as geen fondse vir die laaste jaar en ‘n half by die Suid-Afrikaanse regering of Saskok gekry is nie, en dan sesde in die wêreld te eindig, is sekerlik nie te sleg nie. Dit nadat almal hom afgeskryf het.”

Hy is ook oortuig daarvan dat hy beter by die Londen Spele sou gevaar het as hy dieselfde ondersteuning as die medaljewenners Chad le Clos en Cameron van der Burgh gekry het.

“As ek die R50 000 wat Cameron elke maand ontvang vanaf Saskok kon kry, waar sou ek nie gewees het nie?”