Roekelose rugbyspeler

Die polisie ondersoek ’n saak van roekelose of nalatige bestuur nadat die kleurling en voormalige rugbyspeler Earl Rose en sy vrou gister in die vroeë oggendure met hul BMW motor teen die Ooskus-vis-en-skyfies-winkel vasgejaag het.

“Ek het gehoor hoe die motor teen ’n hoë snelheid in die pad af kom en geweet hy gaan iets tref,” het Johan Thiart, wat in Sir Lowry’s Pass-weg woon, gesê.

Hy het aan hulle gesê sy vrou, Amor, het die motor bestuur. Sy het intussen van die toneel verdwyn, vermoedelik om hulp te gaan soek.

Volgens die winkeleienaar, beloop die skade aan die winkel etlike duisende rande. Die Ooskus-vis-en-skyfies-winkel bestaan al die afgelope 38 jaar.