Renosters en boere is teikens

Vyf witrenosters is die afgelope drie weke in die Borakalalo- natuurreservaat naby Brits in Wes-Transvaal gestroop. Elders in die provinsie is twee ander renosters doodgeskiet en in Noord-Transvaal is een geskiet

Almal is doodgeskiet, het kapt. Dennis Adriao, nasionale polisiewoordvoerder, gister gesê.

Renosters is tans die dier wat die meeste gejag word in Suid-Afrika. Die jag van renosters het in die afgelope paar jaar sodanige afmetings aangeneem dat dit teen die heersende tempo, eersdaags ’n bedreigde spesie sal wees.

Die regering is klaarblyklik nie ingestel daarop om effektiewe maatreëls in plek te kry wat renosters kan beveilig en stropers aan die man kan bring nie.

’n Woordvoerder uit landbou kringe het aan Die Vryburger gesê dat renosters en boere nou die vernaamste teikens geword het om gewelddadig om te kom.