R10 miljoen geblaas!

‘n Ondersoek word gedoen na aanleiding van bewerings dat die Departement van Vervoer R10 miljoen te veel vir ‘n tender betaal het.

Corruption Watch het afgekom op ongerymdhede in ‘n tender van R13 miljoen wat aan Global Interface Consultancy toegeken is terwyl die instansie nie aan die vereistes voldoen het om die tender te kry nie.

Die tender was uitgereik om konferensie- en kommunikasiedienste vir die departement se beleggerskonferensie in Junie 2011te hanteer.

B. Mlangeni, ’n woordvoerder van die korrupsiewaghond, het gesê hulle het adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, by die kwessie betrek.