Psssssst, het julle gehoor wat sê die slimmes van: Avokado’s?

Die Avokado is ‘n fenominale sub-tropiese vrug, wat baie ryk is aan vitamien A, B-kompleks, C, E, potassium en bevat proteïene asook ‘n bietjie stysel (koolhidrate). Hy word as die perfekte vrug gesien, jy kan amper net van avo’s lewe.

Avokadopeer word oor duisende jare al gebruik vir velkwale, as ‘n algemen ontgiftiger (anti-oksidant) en stimuleer bloedsirkulasie. Avokado-olie word as ‘n natuurlike masseer-olie gebruik en werk ook baie goed as die son jou verbrand het. Sny ‘n avo in twee en smeer die avo liggies oor jou verbrande vel, dit werk verseker. Maak ‘n avo-pap, smeer dit aan jou gesig vir 15 minute, dit reinig jou vel en bring ‘n natuurlike skoonheid terug.

Avokado is anti-bakteries, anti-fungaal en stimuleer jou metabolisme. Die olie in avo’s voed en stimuleer jou breinselle en werk Alzheimers teë.