Pssssssst, het julle gehoor wat sê die slimmes van: brood?

Volgraanbrood het goeie eienskappe in die sin van vitamien B, wat stresvlakke kan help verlig. Growwe bruin brood kan jou metabolisme help stimuleer. Dit bevat ook chromium, wat kan help om lae bloedsuiker te stabiliseer.

Oor die algemeen moet brood so ver moontlik vermy word. Die natuur wys ons baie duidelik dat die saad eters se oë aan die kant van hulle koppe sit, om die roofdiere (vleiseters) te kan sien. Die mense se oë sit voor in die kop. Ons het ook slagtande en nie ‘n krop soos die voëls , bokke en beeste nie. As hulle graan eet, word dit vir ‘n uur of twee eers “gekrop” waar dit bevog word, en so ontgif word, voordat dit in die maag beland.

Die ou mense het die brooddeeg eers oornag in water geweek, voordat die brood gebak is – dit kan werk. Ons Westerse broodbak en Midde-Oosterse manier van broodbak in Bybelse tye, verskil heeltemal.

Brood bevat baie suiker (sukrose is suikerriet) wat alles omsit in suur en versamel in die aarwande, wat vernou, hartkwale veroorsaak en ook swak bloedsirkulasie, wat kan lei tot beroerte.