Pippie vorder goed

Die jong brandslagoffer in die Noord-Transvaal, Pippie Kruger, wat rehabilitasie ontvang, het die afgelope naweek by Ma en Pa gekuier in ’n gehuurde woonstel.

Die driejarige Kruger het ernstige brandwonde aan 80% van haar lyf opgedoen tydens ‘n braai Oujaarsaand 2011. Sy het vir etlike maande in die hospitaal deurgebring en behandeling tesame met veloorplantings is gedoen waarna sy in ‘n rehabilitasiesentrum in Auckland Park geskuif behandel word tot die einde van die jaar.

Sy kan al haar kop vir kort tydjies self regop hou, maar dit sal mettertyd verbeter. Pippie sal weer geleer moet word om te loop en te praat, maar dit gaan nog lank wees voor dit kan gebeur.

Die veloorplantings wat gedoen is met die hulp van stamsel-tegnologie is besig om goed te genees.