Ouers skuldig aan moord

Die ouers van ‘n babaseuntjie wat weens ‘n hoofbesering dood is nadat hy herhaaldelik aangerand is, is beide skuldig bevind aan moord in die hooggeregshof in Pretoria .

Regter Cynthia Pretorius het Marissa Rudman en haar kêrel Nolan Schoeman skuldig bevind aan die moord op klein Wade. Hy is vier dae nadat hy in April 2009 by ’n hospitaal in Pretoria opgeneem is, dood as gevolg van erge hoofbeserings. Volgens mediese bewyse was dele van sy brein reeds dood en hy was in ‘n koma toe hy in die hospitaal opgeneem is.