Openbare skole steier

Hoekom kry een openbare skool 20 aansoeke en ’n ander een slegs een aansoek vir ’n vakante pos ?
In ’n artikel in die jongste uitgawe van “Quality Education News” wat deur die “South African Quality Institute” versprei word, is verskeie redes aangevoer waarom baie skole besig is om agteruit te boer.

Die agteruitgang is dikwels die rede waarom ’n onderwyser sal besluit of hy van skool gaan verander of nie.

In die lig daarvan dat die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) onlangs aangedui het dat 90% eerder as 80% van skole wan-funksioneel is, het duisende skole dus ’n uitdaging om hul skool-klimaat reg te ruk.

’n Woordvoerder van die Republikeinse Vroue Beweging het aan Die Vryburger gesê dat die gegewens ’n duidelike mosie van wantroue in die openbare skole is.

“Dit is vir hierdie rede dat CVO skole tot stand gebring is, want ons kinders se opvoeding in ’n hoë standaard, is ’n besliste prioriteit, het sy gesê.