Ons bring hulde – Projek2010

Gedurende Julie 2012 is drie volksgenote vermoor deur terroriste. In die Noord-Kaap is mnr.Attie Frazer vermoor. In die Wes-Kaap is mnr. G. Maritz vermoor en in Pretoria mnr. A. Kruger.

Augustus het begin met die moord op mev. Annette Knoetze van Odendaalsrus wat met steekwonde in haar huis gevind is.

Die sogenaamde winter-stilte wanneer moorde op volksgenote skerp afneem is verby. Statistieke dui daarop dat die moorde ‘normaalweg’ weer vanaf Augustus toeneem.

Dit is opvallend dat daar gedurende Julie ’n groot aantal verkragtings plaasgevind het. Die terroriste het duidelik hul visier gesit op die ouer mense. Nie minder as vyf dames, almal ouer as 80 jaar, is gedurende die afgelope maand onteer.

Ons bring hulde aan hierdie dames wat ten spyte van die vernedering en trauma verbonde aan die liederlike optrede van agitators, dat hulle steeds hul waardigheid as Christen-gelowiges behou.