Onkundiges beheer duikbote

Nóg een van die drie duikbote wat in Suid-Afrika se omstrede wapentransaksie bekom is, is tydelik uit die water gehaal vir herstelwerk in Simonstad se skeepswerf.

Die SAS Queen Modjadji het verlede week ’n duik aan die boeg opgedoen toe dit glo ten tyde van ’n opleiding oefening tussen Port Elizabeth en Durban teen die seebodem gebots het.

Die duikboot word tans in Simonstad herstel en die SA Vloot doen ’n amptelike ondersoek na die voorval.

Die SAS Queen Modjadji het in 2008 in Suid-Afrika aangekom – ná die SAS Manthatisi in 2006 en die SAS Charlotte Maxeke in 2007.

Die duikbote is veronderstel om ondermeer ook die kuslyn te bewaak.

’n Afgetrede vloot-offisier het aan Die Vryburger gesê dat die kundigheid wat bestaan het, vervang is met anderskleuriges wat nog nooit behoorlike opleiding ontvang het in die vloot nie.

Volgens hom is die duikbote se algemene toestand ook onder verdenking weens die feit dat dit nie na behore hanteer en gediens word nie.