Onbekwame brandweer werkers

‘n Brand het vroegoggend by ‘n winkelkompleks op Brits in die Wes-Transvaal uitgebreek.

Mnr. Edwin Leemans, ‘n inwoner Brits het gesê hy was omstreeks 06:40 op die toneel. Hy bied kursusse in brandbestryding en risikobestuur aan en sê dit lyk asof die brand by die Pick n Pay ontstaan het. Hy het sy misnoeë oor die brandbestryders se optrede by die toneel uitgespreek. Die brandweer van Brits was nie opgewasse teen die brand nie en Hartebeespoort se brandweer moes gaan help. Dié het eers om 7.30 vm opgedaag.

“Daar was totale wanorde,” het mnr. Leemans gesê. Die brandweervroue se brandslange het nie ’n sterk genoeg drukking gehad nie en die vroue was duidelik nie instaat om die brandslange te beheer nie. Uiteindelik het iemand uit die publiek die brandslang opgetel en die brand beveg.