Nuwe Swart Bank vir S.A.

Volgens Nafcoc (National African Federated Chamber of Commerce and Industry) se president, Lawrence Mavunda, beplan Nafcoc om aanstaande jaar sy eie kommersiële bank te begin. Mavunda sê dat Nafcoc oor meer as R1 miljard beskik om in die bank te gebruik. Dit sal een van die grootste swart beheerde banke in Suid-Afrika wees.

Blykbaar is daar ‘n rolspeler uit die Ooste wat ‘n wesenlike kontantbydrae sal lewer.