Nuwe land- nuwe Sharpville

Die ANC/SAKP regering het die afgelope 50 jaar die Sharpville gebeurtenis gebruik as propaganda materiaal om die ganse wereld teen die blanke heerskappy in Suid-Afrika te monster.

Hierin het hulle uitstekend geslaag. Die feit dat enkele dooies van agter geskiet is, het die knoop deurgehaak want dit het getoon dat hulle reeds aan die vlug was toe daar nog steeds op hulle geskiet is. Sowat 10,000 betogers het die relatief klein korps van polisie getart en uiteindelik is 69 doodgeskiet.

Nou, meer as 50 jaar later sien ons hoedat swart polisiebeamptes sowat 35 stakers doodskiet.

Hierdie sinnelose daad van die SAPD skud die ganse wereld. Die optrede word wyd veroordeel. Die mening van kenners is dat daar eerder voorsiening gemaak moes word dat genoeg waterkanonne en rubber koeëls beskikbaar was voordat hulle die terrein betree het.

Wat meer is: Wie is die bevelvoerder en het hy opdrag gegee om te skiet met die doel om dood te skiet? Is daar waarskuwingskote geskiet? Het die SAPD probeer om gesprek te voer met die stakers?

Dit is duidelik dat hierdie voorval bepaalde vrae ontlok wat beantwoord moet word. Is dit hoe die Nuwe land se veiligheidsmagte sy nuwe Sharpville insidente hanteer?