Nuutste EU ekonomiese syfers

Die Europese Unie, wat ‘n belangrike deel van die wêreldekonomie se herstel moet uitmaak se nuutste BBP (Bruto Binnelandse Produk) syfer het weereens gekrimp. Omdat dit effens minder verlaag het as wat verwag is, word dit as positief gesien. Die gemiddelde verkleining is 0,2%.

Die belangrikste ekonomië se onderskeie BBP syfers vir die tweede kwartaal op ‘n kwartaal-tot-kwartaal basis, in volgorde van grootste tot kleinste ekonomie, sien soos volg daaruit:
Duitsland toon ‘n groei van 0,3%, Brittanje krimp met 0,7%, Frankryk staan op 0%, Italië daal met 0,7% en Spanje daal met 0,4%.