Nuusflitse

• n Man is in hegtenis geneem nadat hy 234 km/h op die R21 naby Nellmapius gejaag het, het die Gautengse verkeerspolisie gesê.
• Mense in die suide van die Amerikaanse deelstaat Florida tref finale voorbereidings vir Tropiese Storm Isaac. Berigte is ontvang dat honderde vlugte is gekanselleer en sterk winde het reeds kragonderbrekings veroorsaak. Oliebore sal ook waarskynlik tydelik moet sluit.
• Minstens 65 mense het gesterf en 125 000 is haweloos as gevolg van swaar vloede wat Niger die laaste paar weke geteister het.
• Neil Armstrong se mede-ruimtevaarders, Buzz Aldrin en Michael Collins, het hulde gebring aan sy talent en prestasies en gesê hulle gaan hom mis.
• Die Kaapse swemmer Natalie du Toit en Oscar Pistorius word op BBC Sport se webwerf beskryf as twee Suid-Afrikaners wat gaan sorg vir groot opwinding op vanjaar se Paralimpiese Spele in Londen.
• Die tropiese storm Isaac het die naweek ’n spoor van verwoesting, modderstortings en oorstromings in die ellende-geteisterde Haïti gelaat.
• Pres. Jacob Zuma se hoop om ’n tweede termyn as ANC-president te dien het die naweek ’n gevoelige knou gekry met die verkiesing van Thandekile ¬Sabisa as leier in die ANC se O.R. Tambo-streek in die Oos-Kaap.
• Minstens 130 aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer word teen die polisie ondersoek nadat bewerings ontvang is dat Marikana-mynwerkers tydens aanhouding aangerand is.
• Die Square Kilometre Array (SKA) het reeds Suid-Afrika se internasionale aansien as dié wetenskap-bestemming beslis en die uittog van kundiges omgekeer. Só het dr. Bernie Fanaroff, direkteur van die SKA-Suid-Afrika. Hy het genoem dat sterrekundiges oor die wereld hulle nou in Suid-Afrika kom vestig.