Nuusflitse

1 Suid-Afrika se krieketspan het tot die nr.1-plek op die wêreldranglys vir toetsspanne opgeskuif deur Engeland in Londen met 51 lopies in die derde en beslissende toets op Lord’s te klop.
2 Dit was Maandagoggend rustig by die Lonmin-myn, met 27% van die werkers wat vir hul skofte aangemeld het.
3 Chaos het Maandagoggend in Mamelodi buite Pretoria geheers nadat die water se hoof toevoerpyp van Rand Water na die gebied gebars en die lewens van minstens twee mense geëis het.
4 Scott McKenzie, sanger van die liedjie “San Francisco (Be Sure to Wear Flowers in Your Hair)” – wat ‘n treffer tydens 1967 se “Somer van liefde” in dié stad was – is oorlede.
5 Waarnemers van die Verenigde Nasies het begin om Sirië te verlaat nadat hul sending amptelik tot ‘n einde gekom het, het Sky News berig.
6 Prins Philip, die hertog van Edinburgh, is uit die hospitaal ontslaan nadat hy behandeling vir blaasinfeksie ontvang het.
7 ‘n Hoteleienaar in Darling sal in die hof verskyn ná hy na bewering ‘n man vermoor en ‘n ander een gewond het, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
8 Die beseerde Stormers- en Springbok voorspeler Schalk Burger se vrou, Michelle, het die lewe geskenk aan ‘n babaseun.
9 ADSL-gebruikers behoort nie vir ‘n telefoon installasie óók te betaal as hulle eintlik net die internet wil gebruik nie, sê MWEB.
10 Vier polisielede is in minder as ’n week in sentraal Transvaal doodgeskiet en minstens een polisieman word gemiddeld elke tien dae in Suid-Afrika vermoor.
11 Daar is verlede jaar 77,771 wettige aborsies in Suid-Afrika uitgevoer, waarvan die meeste in die Vrystaat. Dit was 31% meer as in 2010 toe 59,447 wettige aborsies uitgevoer is.
12 Die Afrikaanse sanger Adam Tas en sy vrou Caren van der Merwe is die trotse ouers van ‘n babadogtertjie, Klara-belle.
13 n Sekuriteitsopname het gevind dat sowat ‘n derde van rekenaargebruikers blootgestel is aan virusse as gevolg van besmette geheuestokkies..