Nuusflitse

1 ‘n Huis wat aan die politikus, wyle Helen Suzman gegee is as ‘n trougeskenk, is op die mark geplaas en word te koop aangebied vir R12 miljoen. Suzman se pa, Samuel Gavronsky, het die huis in 1937 vir sy dogter gegee.
2 Tarrystone, die grasdak-herehuis teen die hange van Tafelberg waar Diana, prinses van Wallis, ‘n maand voor haar dood tuisgegaan het, is in die mark vir R80 miljoen. Die huis het ‘n rukkie gelede nog aan die markgraaf Spencer behoort.
3 Clint Eastwood, gesoute akteur en Oscar-bekroonde regisseur het sy steun aan die Republikeinse presidensiële kandidaat, Mitt Romney, toegesê.
4 Die Chinese polisie het 137 mense, ondermeer 18 dokters, in hegtenis geneem wat van die handel in menslike organe verdink word.
5 Die VN se hoë kommissaris vir menseregte, Mary Robinson, het gesê sy is bekommerd oor die Wetsontwerp op die Beskerming van Staats-inligting wat deur die ANC regering beoog word. Ook in Swede is kommer uitgespreek oor die rigting waarin SA beweeg met die wet beweeg.
6 Lindiwe Mazibuko van die DA, sê dit is ondenkbaar dat pres. Jacob Zuma
R1 miljard opsygesit het om sy woning op sy tuisdorp, Nklandla in KwaZulu-Natal, uit te brei, terwyl baie burgers in uiterste armoede leef. Die dorp is “Zumaville” gedoop.
7 Duisende visse het in die midde-weste van die VSA gevrek na ’n hittegolf riviere laat opdroog het en die watertemperatuur in sekere gebiede tot 38 grade Celsius laat styg het. In Iowa het 40 000 visse gevrek toe water temperature tot 36,1 grade Celsius gestyg het. Die hittegolf is een van die warmste en droogste somers in die VSA in dekades. Meer as 3 000 hitterekords is gedurende die seisoen gebreek.
8 Nigeriese troepe het ongeveer 20 vermeende lede van die militante Islamitiese groep Boko Haram doodgeskiet, het die weermag woordvoerder gesê.
9 Die grootste Burmese luislang nóg is in Florida gevang, het wetenskaplikes gesê.
Die slang, wat dragtig was met 87 eiers, is 5 m 17,78 cm lank en weeg 74,39 kg.