Nog ’n terroriste aanval

‘n Bejaarde boer van Jansenville in die Oos-Kaap is Sondagaand vermoor en sy vrou ernstig beseer in ‘n plaasaanval naby die dorp.

SAPD woordvoerder Pierre Harmse sê die 70-jarige Charles Owen is op die toneel dood en sy vrou is na ‘n hospitaal in Port Elizabeth geneem.

Die egpaar woon op die plaas Armadale waar die moord plaasgevind het.

Vyf swart mans, almal met messe gewapen, het hom doodgesteek en sy vrou is met veelvuldige meswonde in die hospitaal opgeneem.

Die vyf terroriste het ‘n onbekende aantal vuurwapens gesteel en daarna in sy bakkie gevlug.