Nog ’n terroriste aanval

’n Jong vrou is vandag dood nadat sy op ‘n plaas by Witklip naby Hartbeesfontein geskiet is.

Volgens ‘n woordvoerder van die Wes-Transvaalse-polisie is sy deur drie swart mans aangeval.

“Sy is in die wang, arm en bors geskiet, waarna die aanvallers in haar wit Toyota Venture weggejaag het.”

‘n Verbyganger het die polisie in kennis gestel en paramedici het die vrou, in haar dertigerjare, na ‘n hospitaal geneem waar sy by haar aankoms dood is.

Die vrou se naam kon nie bekend gemaak word nie. Haar naasbestaandes word in kennis gestel. Die polisie soek na die aanvallers. – Sapa