Nog ’n polisie slenter

’n Lid van die polisie van die Bloemfonteinse veediefstaleenheid het glo verlede Saterdagmiddag met dié eenheid se splinternuwe bakkie vir ’n plesierrit na Sandton in Johannesburg geglip maar is uitgevang deur ’n spoed kamera.
Sy beweerde plesierrit met die eenheid se nuwe Volkswagen Amarok-bakkie kom te midde van bewerings deur die publiek en polisiebeamptes dat die eenheid sonder voertuie gestrand sit agter hul lessenaars. Intussen word boere bankrot gesteel in die Vrystaat.
Die spoedboete was R750 wat deur die polisieman betaal moet word. Die polisie het erken dat só ’n rit nie in die betrokke voertuig se ritboek aangeteken is nie, en nie gemagtig is nie.
’n Woordvoerder van die polisie sê die SAPD kry al meer slae van die publiek as gevolg van die wangedrag en verkeerde optrede van SAPD lede.