Nog ’n Helikopter skandaal?

Regeringsbeamptes het Suid-Afrika in gevaar gestel deur sanksies van die Verenigde Nasies te verbreek, word berig.

‘n Ouditverslag het gevind dat die risiko in verband is met beamptes wat klaarblyklik briewe van ondersteuning aan ‘n maatskappy gestuur het. Dié maatskappy het glo probeer om helikopters aan Iran te verkoop.

Die Grant Thornton-verslag, wat in opdrag van die departement van handel en nywerheid opgestel is, toon dat beamptes van die RSA aan hulle kant van ‘n ooreenkoms probeer het om politieke steun vir die maatskappy, Aviation te kry.

Daar is blykbaar duidelike bewyse van onreëlmatighede gevind in hoe die Departement van Handel en Nywerheid die briewe uitgereik het.

Die vraag ontstaan of hierdie nog een van die talle korrupsie dade binne ANC geledere is, of is dit suiwer uit arrogansie teen die VN dat sulke onverantwoordelike optrede toegelaat word. Die land gaan reeds gebuk onder ’n vlaag dade wat bedenkinge onder beleggers veroorsaak het, en hierdie is net nog ’n handeling wat buitelandse beleggers afskrik.

Die VSA en ander westerse lande is skynbaar erg ontsteld oor die gebeure.