Nog boeke weggegooi

Meer as 5 000 handboeke is in Phalaborwa omgewing gestort, het die polisie in Noord-Transvaal gesê.

Lt.kol. Ronel Otto, ‘n polisiewoordvoerder, sê die boeke is in ‘n oop veld gevind en was in ‘n goeie toestand. Sy sê vêrder dat die 5 000 tot 6 000 boeke bedoel is vir graad 0 tot graad 9 en van verskeie vakke. Sy sê die polisie en die Departement van Onderwys sal ‘n ondersoek van stapel stuur om vas te stel waar die boeke vandaan kom en waarheen hulle moes gaan.

Sommige grade in Noord-Transvaal het sewe maande nadat die skooljaar begin het, handboeke ontvang, maar daar is skole wat nog steeds sonder enige boeke sit..

’n Woordvoerder oor onderwyssake het aan Die Vryburger gesê dat dit verbasend is om te sien hoe swartes hulle eie mense benadeel en dan nog skotvry daarvan afkom. Die toedrag van sake is selfs erger as in Zimbabwe. Daar is ’n tekort aan boeke. Hier te lande is ’n oorvloed boeke maar dit word nie gebruik nie, het die woordvoerder gesê.

Dit geen wonder dat die Departement van Onderwys se pogings om opvoedkunde te bestuur, klaaglik misluk nie – hulle sit met onbekwame en onbetroubare werkers wat teen astronomiese salarisse aangestel is.