Nog aardbewings tref Japan

Tokio – ‘n Aardbewing van 7.3 het groot dele van die noordelike en noordoostelike Japan getref, het die Metereologiese Agentskap gesê.

Geen beserings of skade is aangemeld nie en ‘n tsoenami-waarskuwing is ook nie uitgereik nie. Die aardbewing, wat om 12:00 plaasgevind het, was op ’n diepte van sowat 600 km en die episentrum is naby Japan se noordelike eiland van Hokkaido.

Op 11 Maart 2011 het ‘n aardbewing van 9.0 en ‘n tsoenami noordoostelike Japan getref. Japan is die afgelope jaar verskeie kere geteister met aardbewings. Dit het daartoe gelei dat kernkrag sentrales ’n bedreiging geword het vir menslike veiligheid.