MOTOR RUBRIEK- 23 AUGUSTUS 2012

’n Faset van die motorwêreld wat baie ure se intensiewe werk en toewyding vereis, is die herstel en opbou van veteraanmotors.

Dit begin met die aankoop van ’n veteraanmotor wat vir baie jare, letterlik vir dekades, nie in gebruik was nie. In baie gevalle het dit êrens op ’n afgeleë plaas of in ’n skuur diens verrig as ’n hoenderhok, stoorplek, ens.

Die dag wanneer ’n mens so ’n taak aanpak, moet jy jou maar gereed maak vir baie ure se werk en soek. Indien jy gelukkig is om ’n voertuig te bekom wat nog volledig is, is dit nie so moeilik nie. Maar indien sommige onderdele of bakwerk panele verwyder is, tree die “soek en vind” – aksie in werking.

In Suid-Afrika is die herbou van veteraanmotors ’n baie gewilde tydverdryf. So bestaan daar verskeie veteraanmotor klubs. Om maar enkeles te noem, bv. Alfa Romeo Motor Klub en die Fiat Klub van S.A. Die voordeel van die nuwe tegnologie genaamd die internet, is tot die veteraanmotor entoesias se beskikking.

Na die voltooiing van so ’n veteraanmotor opbou projek, kan baie ure van pret en plesier, beleef word.

Aanstaande week gaan daar begin word met die verduideliking van hoe sommige take uitgevoer word tydens die herbouing van so ’n voertuig.

1934 FORD V8 KOEPEE