MOTOR RUBRIEK – 13 AUGUSTUS 2012

Die motorbedryf is sekerlik een van die interessantste bedrywe bekend. Wanneer daar gekyk word na die ontwikkeling van ’n spesifieke fabrikaat, is dit bykans ondenkbaar dat van die ontwikkeling wat in ’n motor gevind word, op die renbane en in die “Rally” wêreld ontstaan het.

’n Aantal jare gelede was die voor en agter stampers van ’n motor van staal vervaardig. Met die nuwe tegnologie van plastiek stampers en verfrommel sones aan die voor en agterkant van ’n motorvoertuig, is die kanse om ernstig beseer te word wanneer in ’n botsing betrokke, aansienlik minder.

Bykomend daartoe om beserings te beperk, word lugsakke in ’n motor geïnstalleer. Tydens ’n botsing word hierdie sakke, wat op strategiese plekke geïnstalleer is, in gedeeltes van ’n sekonde ontplooi en word die insittendes sodoende beskerm teen moontlike beserings.

Die ontwikkeling van die ABS remstelsel verbeter die remvermoë van ’n motor en die motorbeheer word aansienlik verbeter. Wat gebeur is, dat wanneer die rem in ’n noodsituasie hard getrap word, verhoed die ABS stelsel dat die wiele sluit en die motor eintlik oor die pad “gly”. Die ABS stelsel beheer die draai van die wiele en sodoende word die remvermoë verbeter.

Hiermee ’n paar nuwe motor se pryse uit die verlede soos deur die CAR motortydskrif gepubliseer in Desember 1971.
Alfa Romeo 1750 Executive – R3428
Audi Super 90 – R3012
Chevrolet Constantia V8 – R4413
Citroen DS 20 – R3695
Ford Capri Perana – R4730
Mercedes Benz 280SE – R6497
Toyota Corona 1900 GSL – R2695

TOYOTA 86

Die nuwe Toyota 86 is nou beskikbaar en van die besonderhede sien soos volg daaruit:
4 Silinder – 2,0 Liter Horisontale boxer enjin ontwikkel in samewerking met Subaru
Dubbel uitlaatstelsel
Gly beperkte ewenaar
Aluminium versnellerpedaal, rempedaal, koppelaarpedaal en voetrus.