Mej SA se vuurdoop

Niemand kon dink een van Mej. Suid-Afrika se talente is om ’n pap band om te ruil? Sy het dit gedoen en in die proses net een nael beskadig.

Melinda Bam het gistermiddag haar vuurdoop gehad toe sy en haar pa langs die N1-hoofweg op pad na Pretoria met ’n pap band gaan staan het.

Hulle was op pad terug van Nylstroom waar hulle vir haar oupa gaan kuier het.

Die dame het haar uitstekend van haar taak gekwyt en binne ’n kwartier was hulle weer reisvaardig. Knap gedaan!