Lewenslank vir terroris

Eugene Terre’Blanche se moordenaar, Chris Mahlangu, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op die regse leier.

mnr. Terre’Blanche, voormalige leier van die AWB, is in April 2010 op sy plaas doodgeslaan.

Regter John Horn het die vonnis in die rondgaande hof op Ventersdorp voorgelees.

Horn het gesê die plaaswerker het ‘n afskuwelike misdaad gepleeg en ‘n gebrek aan respek vir ‘n mens se lewe getoon.

Berigte is ontvang dat die regter gesê het die moordenaar se verdediging was ten tyde van die moordverhoor ongegrond.

“Mahlangu moet tot ‘n lewenslange vonnis in ‘n tronk gestraf word en hy moet 25 jaar uitdien voordat hy vir parool oorweeg kan word.”

Die plaaswerker is volgens regskundiges, ook ’n terroris indien in ag geneem word hoe die moord gepleeg is.