Kuberoorlog in volle swang.

Kaspersky Laboratorium in Moskou het op ‘n nuwe kuber Trojaanse perd afgekom wat op banktransaksies spioeneer.

Die nuwe virus wat Gauss gedoop is deur die Kaspersky Laboratorium, het bevestig dat dit verwant aan, maar meer gesofistikeerd is as Stuxnet, Flame en Duqu. Hulle het verder bevind dat dit ‘n staatsgeborgde kuberspioenasie werktuig is wat waarskynlik deur die CIA in Amerika en Mossad ontwikkel is.

Afgesien van die banktransaksies waarop daar gespioeneer is, het dit ook aanteken-informasie van sosiale netwerke, e-pos adresse en kort telefoonboodskappe in die Midde-Ooste gesteel. In die besonder is Lebanon se BlomBank, ByblosBank en Credit Libanais geteiken. Rekenaars van Citi Group Inc en eBay van Paypal se betalingsisteme is ook aangetas.

Die feit dat die virus se fokus op aanlyn banktransaksies is, maak dit ‘n potensiële gevaar vir banke wêreldwyd. Die navorsers probeer nog bepaal of die virus slegs spioeneer en of dit ten doel het om geld uit bepaalde rekenings te steel.