Konflik tussen Japan en China

Japan het dit duidelik gemaak dat ‘n stryery oor die betwiste eilande in die Oos-Chinese See nie bande tussen Asië se twee grootste ekonomieë moet vertroebel nie.

Duisende betogers het Sondag die Chinese stede ingevaar en Japan se bewering dat die eilande aan hulle behoort, afgelag. Hierdie betogings kom ná 10 Japannese burgerlikes Sondag na dié eilande geswem het, ‘n week ná Chinese aktiviste dieselfde gedoen het.

Beide China se regering en Japan se premier, Yoshihiko Noda, is onder druk om standpunt oor die eilande in te neem.

“Ons sal graag ons wedersyds voordelige verhouding met Japan wil behou, het ’n Chinese woordvoerder aangekondig.

“Ons wil ook vra dat China die veiligheid van Japannese burgers in China sal verseker tydens hierdie betogings.”

Chinese media was krities oor Japan, maar het ook benadruk dat geweld nie die antwoord is nie.

Japan, wat gretig is om die kwessie op te los, het die Chinese aktiviste binne ‘n paar dae gedeporteer. Die Japannese betogers se lot bly ‘n geheim, en die groep sal glo binnekort met die Chinese polisie vergader.

Die Vryburger het moeite ondervind om inligting te bekom. Dit wil voorkom asof beide lande versigtig is om nie die spanning wat deur studente veroorsaak is, vêrder te verhoog nie.