Klimaat veranderings

Australiese wetenskaplikes het bevind dat daar genoegsame bewyse is dat die suidwaartse migrasie van tropiese visse en afname in ander spesies toegeskryf kan word aan klimaatsverandering.

Sowat 80 van Australië se mariene kenners het aan die verslag gewerk om vas te stel wat die impak van aardverwarming op die land is.

“Klimaatsverandering is klaar aan die gebeur en van die fisiese veranderings wat al plaasgevind het sluit in die verhitting van die water in die suidooste en toenemende vloei van die Oos-Australiese stroom,” lui die verslag.

“Daar is treffende bewyse dat die tropiese visse as gevolg van hierdie veranderings in klimaat, suidwaarts beweeg. Die afname in die aantal plankton kan ook aan die veranderings toegeskryf word.”