Hond red haar kleintjies

‘n Ma-hond in Chili het brandbestryders verbaas toe sy nie net haar kleintjies uit ‘n brandende huis gered het nie, maar hulle waarskynlik op die veiligste plek moontlik gaan neersit het – in die buik van ‘n brandweerwa op die toneel.

’n Leser van Die Vryburger het opgemerk dat die hond meer verrig as die brandweer mense van Brits wat hoegenaamd nie opgewasse was om ’n brand by ’n winkelsentrum te blus en ook nie die mense behulpsaam was nie.