Hoeveel SAPD lede is skelms?

Die streekshof in Durban was gelaai met polisiebeamptes wat verskyn het weens hulle beweerde betrokkenheid by ’n misdaad onderneming. Die polisiebeamptes het hulle self verryk deur mense te vermoor. Dit is ’n stelling wat vervat is in die akte van beskuldiging.

Die Ernstige en Geweldsmisdaadeenheid was voorheen die naam van die Cato Manor-tak van die Durbanse georganiseerde misdaadeenheid. Die tak is beskryf as ‘n “onderneming” wat gelei word deur die Valke se hoof in KwaZulu-Natal, Johan Booysen.

“Die onwettige aktiwiteite van die onderneming het begin manifesteer van Mei 2008 tot September 2011 deur aktiwiteite van afpersing,” het die staat gesê.

“…In sommige van die moorde was die onwettige aktiwiteite gemotiveer deur die behoefte om hulself te verryk deur monetêre belonings en/of sertifikate vir uitstekende optredes…,” is gesê.

Nie minder as dertig polisiebeamptes word aangekla vir die misdrywe. Slegs 18 van hulle het borgtog (R5,000) gekry.

’n Woordvoerder van die Verkennerbeweging het aan Die Vryburger gesê dat hierdie soort van handelinge deur polisiebeamptes die hoofrede is waarom die burgers van die land nie meer vertroue het in die SAPD nie.

“As die hoofde van die SAPD kort-kort in howe skuldig bevind word, sal die ondergeskiktes in menige gevalle ook wetsoortreders word in plaas van wetstoepassers,” het hy gesê.