Grondgryp met Moordbendes?

Gedurende 2010 het die Suid-Afrikaanse departement van verdediging aangekondig dat hulle met ’n program genaamd “National Youth Service” gaan begin waarvolgens jongmense by militêre basisse ingeneem gaan word vir opleiding. Die ANC-jeugliga en die Young Communist League (YCL) sou hierdie opleiding ontvang. Bykans 8 000 jeugdiges is geoormerk vir hierdie militêre opleiding by De Brug naby Bloemfontein en ook by Saldanha. Daar word ook beplan om uiteindelik 20 000 jeugdiges per jaar op te lei. . Dit is kommerwekkend dat die eerste rekrute deur die sogenaamde Department of Rural Development and Land Reform gewerf is.

In Zimbabwe het Robert Mugabe ook militêre opleiding aan jeugdiges gegee, net om hulle later weer in te span om boere se plase met militêre presisie af te neem.

Die logiese gevolgtrekking is dat hierdie militêr opgeleide ANC jeugdiges, omdat hulle gewerf is deur ‘n departement wat grondroof, of te wel grond hervorming as oogmerk het, aangewend gaan word op dieselfde manier as in Zimbabwe.

Daar is reeds bewyse dat plaasaanvallers in opdrag optree. Die Middelburg Observer het onlangs ‘n berig oor ‘n plaasaanval naby Groblersdal geplaas waar die plaasaanvallers gevang is en ondervra is, onder die opskrif Opdrag aan aanvallers: Vermoor die boer. Tydens die sokker wêreldbeker in Suid-Afrika was dit ook insiggewend dat die plaasaanvalle vir die volle duur van die sokker gestaak het. Daar was ook talle oproepe dat plaasaanvalle as prioriteit misdaad verklaar moet word, maar hierdie oproepe het op dooie ore geval ten spyte daarvan dat dit ‘n wesenlike probleem is. Die afstel van die kommandostelsel het beslis ook ‘n invloed gehad op die veiligheid van plase.

In tussen het Genocide Watch die volksmoord op die Boere-Afrikanervolk tot vlak ses verhoog in Augustus 2012. Dit volg op Dr Gregory Stanton se onlangse besoek aan Suid-Afrika waar hy o.a. met Mnr Andries Breytenbach van die Boere-Afrikanervolksraad samesprekings gehou het.

Dr Standton skryf in sy verslag oor sy besoek aan Suid-Afrika dat die doelbewuste gebrek aan optrede deur die Suid-Afrikaanse regering het die veiligheidstrukture op plase so verswak, dat dit bydrae tot plaasmoorde en dat dit ten doel het om die boere te terroriseer om hulle plase te verlaat tot voordeel van die ANC se grondgryp program soos beskryf in die nasional democratic revolution (NDR).

Mnr Henk van den Graaf, Sekretaris van die Boere-Afrikanervolksraad het reeds drie besoeke aan die buiteland afgele en by elkeen van hierdie geleenthede die buiteland deeglik ingelig oor die plaasaanvalle en volksmoord wat gepleeg word teen die volk. Ook het die Verkennersbeweging van Suid-Afrika ‘n klag van Volksmoord ingedien by die internasionale strafhof in Den Haag. Die buiteland is dus deeglik bewus van die volksmoord wat gepleeg word, maar behalwe om dit te veroordeel, het die buiteland nog geen aksie teen die Suid-Afrikaanse regering geneem in die verband nie. Dit is immers billik om op hierdie stadium ten minste dreigemente van sanksies al te gehoor het. Tog is die stilte in die verband uit die buiteland oorverdowend.

Dit blyk ook nie of die volksmoord, of dan sy sagter benaming plaasmoorde, van binne Suid-Afrika polities opgelos kan word nie. Vele partye en burgeregte groepe het al geraas gemaak oor die saak, sonder enige sukses. Die grootste politieke opposisie, die DA, lyk eerder uit hulle optrede of hulle die volksmoord steun en het gevolglik ook nog geen woord gerep oor hierdie onreg nie.

Die enigste heil en gevolglik ook hoop op oorlewing vir die Boere-Afrikanervolk, is ‘n eie begrensde grondgebied.

PIET POTLOOD