Genl. Botha moet skoert

Die standbeeld van genl. Louis Botha op sy perd voor die parlement se hoofingang moet plek maak vir iets soos Nelson Mandela se standbeeld, het Thandile Sunduza, ANC-LP gesê. Opposisiepartye was egter gou om Thandile Sunduza te maan dat sy besig is om die verkeerde perd op te saal. Sunduza het gesê indien dit van haar afhang, sal dié standbeeld sommer teen Erfenisdag al verwyder word.

Sy het vroeër al gewaarsku dat Suid-Afrika nie gyselaar gehou kan word deur mense wat nie wil transformeer nie.

Boere-Afrikaners was nog nooit baie begaan oor die generaal nie, maar het deurgaans die volkskultuur bewaar. Botha was na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog saam met Smuts die Britte terwille gewees.