Gautrein nie effektief

Die Gautrein is te duur en busse se verspreidingsnetwerk is nie wyd genoeg om pendelaars gemaklik by die stasies te kry nie, is die mening van ’n vervoerekonoom.

“Meer passasiers sal die Gautrein gebruik as die kaartjies goedkoper is,” het dr. Vaughan Mostert, ’n senior dosent in vervoer aan die Universiteit van Johannesburg, gesê.

“Daar moet ook ’n gemaklik en betroubare manier vir pendelaars wees om die stasies te bereik. As die meer as 3 500 busse in Gauteng kan saamwerk, sal dit ’n wyer verspreidingsnetwerk hê en vervoer na stasies baie vergemaklik.”

Die Vryburger het navraag gedoen by ’n aantal gebruikers van die diens en 81% van die ondervraagde pendelaars is dit eens met dr. Mostert se siening.