Frankryk vermaan Grieke ernstig

President Hollande van Frankryk het gesê Griekeland moet in die Europese Unie bly, maar die land moet toon dat hy sy finansiële verpligtinge wil nakom.

“Griekeland is deel van die Unie en moet deel daarvan bly, maar moet steeds die geloofwaardigheid van sy plan om die land se begrotingstekort aan te spreek, bewys,” So het Hollande kort ná ‘n vergadering met die Griekse premier, Antonis Samaras, gesê.

Hollande het vêrder daarop gewys dat Griekeland se leiers hul bereidwilligheid om die plan uit te voer moet bewys, maar dat dit op ‘n wyse gedoen moet word wat aanvaarbaar is vir die Griekse bevolking.

“Griekeland sal dit regkry om deel van die Unie te bly,” het Samaras gesê.

Die vermaning word ernstig opgeneem deur die Grieke en alles dui daarop dat Frankryk en Duitsland oor die vermoë beskik om die finansiële probleme te oorkom in Europa.