Finansiële Diensteraad nalatig?

Talle klagtes is reeds in 2004 ingedien by die Finansiële Diensteraad oor die beleggings wat deur Herman Pretorius aan kliënte voorgehou is. Klaarblyklik is die klagtes nooit na behore opgevolg nie . Na raming is sowat 3000 beleggers deur Herman Pretorius, mislei.

Uys Meyer, ’n bekende in Kaapse beleggingskringe, asook Ian Hamilton, direkteur van die Alternative Investment Management Association in Londen en voorsitter van die vereniging hier, het albei bevestig dat Pretorius se beleggingspraatjies “te goed was om waar te wees”.

Uys, wie se groep as Blue Alpha Investment Management sake doen, sê reguit dat hy meen die FDR moes lankal opgetree het teen Pretorius en kon deur betyds op te tree, groot skade aan beleggers voorkom het.

Kenners waarsku dat swendelaars al meer na vore sal kom met “wonderlike skemas” aangesien die ekonomiese toestande en die laer rentekoerse mense noop om na beter beleggings opbrengste te kyk.

Julian Williams, uitvoerende hoof van Basileus Capital, is in sy kantoor in Kaapstad doodgeskiet waarna die vermeende skieter, Herman Pretorius (55), glo selfmoord gepleeg het.

Bykans R2 miljard is in die skemas belê. Na verneem word is drie afsonderlike kurators aangewys om die aangeleentheid te hanteer.