Fidel Castro verjaar

Fidel Castro, wat uit die leierskap van Kuba se kommunistiese party bedank het, het Maandag 86 jaar geword.

Castro, wie se gesondheid sedert 2006 aansienlik verswak het is in die afgelope twee maande by geen openbare geleentheid gesien nie.

Fidel se broer, Raul, het by hom oorgeneem as leier van Kuba. Dit is bekend dat Castro en Raul die land met ’n ysterhand regeer. Raul was sedert die Castro bewind in aanvang geneem het, die Minister van Verdediging van Kuba en het ’n sleutelrol vervul om kommunisme stewig te vestig in die land.