Euro vlugkapitaal

Die nuusblad,De Tijd, in Vlaandere berig dat die Switserse Sentrale Bank (SNB) die afgelope drie maande 140 miljard euro (170 miljard Switserse frank) moes bydra om die land se geldeenheid te beskerm teen die nuwe vlaag euro beleggings. Een van die probleme is dat die toevloei veroorsaak dat die Switserse frank se waarde styg. Die Switserse divisie-reserwes was sedert 2005 ongeveer 50 miljard Switserse frank, maar het sedert 2010 dramaties begin toeneem en staan tans op meer as 400 miljard Switserse frank.

Die oliereus, Shell, het bekend gemaak dat hulle 17 miljard dollar van die EU gaan oorplaas. Switserland herbelê ‘n gedeelte van hulle euro’s in die Sweedse kroon en Australiese dollar. Ander lande wat as ‘n veilige hawe beskou word ontvang ook toenemend euro’s. Denemarke probeer om die geldtoevloei te beperk met negatiewe rente op beleggings. Zürich het negatiewe rente al probeer, maar kon die toevloei steeds nie keer nie en probeer om die toevloei te neutraliseer deur op te tree as ‘n soort van “koper in laaste instansie” van euro’s.