Erger as Sharpville

‘n Poging deur die SAPD om stakende mynwerkers by Marikana se Lonmin-myn uitmekaar te jaag, het ’n klein oorlog geword..

‘n Verslaggewer van Sapa sê hy het 18 lyke langs die Wonderkop-plakkerskamp sien lê. Polisiebeamptes het probeer om die stakers wat op ‘n heuwel saamgedrom het, uitmekaar te jaag. Die stakers het pangas rondgeswaai en oorlogs liedere gesing.

Die nuusagentskap berig die polisie het eers traangas afgevuur en toe ‘n waterkanon gebruik om die stakers uit mekaar te jaag. Die stakers het toe op die polisie begin skiet.

’n Woordvoerder van oud-polisie het gesê die hele saak is erger as die Sharpville geval waaroor die ANC so baie propaganda maak. Die optrede van die SAPD is duidelik nie binne die gedragskodes wat gevolg moet word nie, het hy gesê.

Intussen het Die Vryburger verneem dat die voorval opslae maak in die buiteland.