Ek sien dit so!

Hierdie week sien ek ‘n bietjie van alles, en nie ‘n spesifieke onderwerp nie. Nog ‘n dag, nog ‘n week, nog ‘n stap nader aan vryheid. Wanneer ons daardie uiteindelike vryheid sal smaak, weet slegs God.

Een ding is seker, ons kan elkeen die hoed lig vir die 16-jarige knaap wat sy ouers van ‘n gewisse dood gered het deur ‘n barbaar dood te skiet. Welgedaan ou seun! Hierdie volkie het meer jongmanne soos jy nodig.

Die Lonmin-sirkus blyk iets van die verlede te wees, soos iemand tereg opgemerk het op Bakkiesblad: “Alles terug na normaal by Lonmin, 34 myners weer terug ondergrond”. Ja ek weet dis bietjie donker humor, maar die hele aangeleentheid saam met die hele Afrika is maar donker. Hopelik nie ons toekoms ook nie!

Ek wonder of die gawe lesers van Die Vryburger so gaaf sal wees om my raad te gee oor hierdie rubriek. Julle sien, ek het opgemerk dat ons koerantjie met sy artikel oor Sunette Bridges se VVK registrasie redelik baie aandag getrek het. Miskien moet ek, wat Kordaat Neelsie is, ‘n bekende persoon se naam leen wanneer ek hierdie stukkie skryf? Kan dit miskien daartoe bydra dat ou Neelsie die aandag kry waarna hy tog so duidelik smag? Die arme ou ding!

Op dieselfde onderwerp kan ons seker ook ‘n glasie rooiwyn klink op daardie sangeres se goeie stryd. Laat ek bietjie lig op die stelling plaas. Haar nuwe CD, Veertig Somers, is onlangs vrygestel. Afgesien van die talle aanvalle op haar vanuit verskeie oorde, het sy steeds besluit om die album self onder die volk te versprei. Daarmee ontneem sy eintlik die geldwolwe(musiekwinkels) van die geleentheid om geld uit haar musiek te maak en kanaliseer eerder die winste van haar CD na volksgerigte organisasies. Hierdie organisasies word dus eerste die geleentheid gebied om haar CD te bemark. Sodoende dien dit as fondsinsameling vir organisasies wat op die volksakker doenig is. Daarby gaan die vriendelike sangeres ook haar eie wins uit die verkope, aanwend vir ‘n grootse projek om arm blankes weer aan die werk te sit. Die kersie op die koek, is dat sy op haar Bakkiesblad die goeie nuus verkondig het dat sy nou gebruik maak van ‘n volkseie tuindiens. Nee kyk, met dames soos hierdie in ons geledere is daar hoop vir die toekoms.

Dit was nou so bietjie hiervan en daarvan,

Boeregroete,

Kordaat Neelsie